Home Motivational Speakers
Hykie Berg. ‘n Gedugte teenstander wat gesag afdwing; ferm, reguit. As wenner van Survivor SA Maldives 2011 was hy altyd eerlik en getrou aan homself. Sy strategie: Matteus 10:16 “Wees so versigtig soos die slange en so eerlik en opreg soos die duiwe.”
Hy is ‘n gebore Pretorianer en voltooi sy matriekjaar in 1996. Na ‘n uiterste laagte punt in sy lewe, is hy gehoorsaam aan ‘n roeping en begin hy sy studies as drama student op die Universiteit van Stellenbosch. Vandag gesels hy sonder skaamte oor sy filosofie van die lewe, die lesse wat hy moes leer en die beginsels wat hy vandag nog toepas om sy uitdagings te oorwin en ‘n lewe van betekenis te leef.
Hy is ‘n bekroonde akteur en sy loopbaan het gesorg vir talle nasionale en internasionale films en TV reekse asook verskeie teater produksies. Hy word tans gesien as Dr. Conrad Bester in Binnelanders.
Hy skroom nie om te sê die kern van sy lewe is nie sy werk nie, maar sy gehoorsaamheid aan Sy Skepper en die bou van God se Koningkryk. “Daar is baie belangriker dinge in die lewe as om toneel te speel”.
Hykie se groot liefde en passie Ie in die belangstelling van mense, die oprigting van leiers, hoe om hul potensiaal te ontgin en wat dit vir elke individu beteken om verantwoordelikheid vir sy eie lewe te neem en ‘n lewe van persoonlike vryheid te kan geniet. Hy moedig mense aan om meer en beter te wees as wat die wereld van hulle verwag. “Glo in mense, dit gee hulle hoop.”
Hy is ‘n entrepreneur en sy besigheid help met welvaart skepping in byna 25 lande. “Ons besigheids model is van so ‘n aard dat enige individu met ‘n groot genoeg droom en passie ‘n sukses daarvan kan maak. As jy bereid is om te doen wat ordinere mense nie doen nie, sal jy eendag he wat ordinere mense nie sal he nie; totale vryheid in God se doel met jou lewe.
Hy is die skrywer van die Topverkoper “My Storie van Hoop” en reis die wereld vol waar hy duisende mense toespreek oor leierskap, potensiaal, sukses en hoe om jou drome te bereik en in jou roeping te leef.
Hy is die Stigter van Hope In ACTion, ‘n nie-winsgewende organisasie wat opvoeding en bemagtiging bied rakende verslawing en die trauma wat daarmee gepaardgaan.
“The greatest gift you can give another is not just to share your riches, but to reveal to him his own”-Benjamin Disraeli
‘n Lewe van Betekenis
Jy KAN veg, jy KAN verander, jy KAN vry wees.
Ware welvaart, Finasiele onafhanklikheid en die leef van jou wildste drome
Verslawing: Die verwoesting en restorasie
Leandie het in 2010 haar BComm Bedryfsielkunde graad en honneurs cum laude voltooi by die Universiteit van Johannesburg en is ook ‘n geregistreerde psigometris. Sy het haar eerste boek Gemaklik In Jou Eie Lyf deur Struik Lifestyle vrygestel in Mei 2014 en het al bykans 15 000 kopieë hiervan verkoop. Sy het Mei tot Aug 2016 'n landswye toer met haar motiveringspraatjie #NoOneCanBeatYouAtBeingYou voltooi waar sy en Irene- Louise van Wyk meer as 60 optredes gehad het. Leandie se volgende boek word November 2021 vrygestel.
Leandie is ook ‘n opgeleide NBI (Neethling Brain Instrument) praktisyn.
Leandie is meestal bekend vir haar rol as Ivanka Gouws in die bekende sepie Binnelanders. Leandie was al ook te sien in reekse soos Getroud Met Rugby en Vlug na Egipte. Films waarin sy ook te sien is, sluit in Klein Karoo, Die Windpomp, Strikdas, Hollywood In My Huis, Mooirivier, Jagveld, Vuil Wasgoed, Thys & Trix, Meisies Wat Fluit, Klein Karoo 2 en Last Days of American Crime op Netflix.
In 2014 het sy 2de gekom in SABC 3 se realiteitsprogram Strictly Come Dancing saam met haar dans partner Brandon Eilers le Riche.
Leandie het al 2 Huisgenoot Tempos gewen vir Beste aktrise in 'n drama en in dan in 'n sepie en is in November 2017 aangewys as een van GLAMOUR magazine se WOMEN OF THE YEAR in die FILM kategorie.
Leandie het ook al 5 seisoene van die gewigsverlies realiteitsprogram SLANK op KYKNet aangebied. Leandie was ook mede – aanbieder op die KYKNET musiekprogram KOM ONS JOL in 2020. Leandie is ook die HOST van die gewilde realiteitsprogram op Mnet - LOVE ISLAND SOUTH AFRICA wat vanaf 2021 ook in SA te sien is.
Laaste maar nie die minste nie is Leandie ook ‘n besigheidsvrou en het vanaf Janurie 2019 saam haar skoonsus Michelle du Randt ‘n aanlyn besigheid genaamd, TO BE GIFT BOXES begin wat mooi gift boxes verkoop vir enige person en geleentheid en hulle lewer landswyd af. Dit kan aanlyn bestel word by tobegiftboxes.com.
Leandie is ook baie aktief op haar sosiale platforms en geniet dit om haar lewe daarop te deel, sowel as klein local beisghede te help bemark.
Instagram @leandiedurandt en Facebook @leandiedurandtofficial
NO ONE CAN BEAT YOU AT BEING YOU / "GEMAKLIK IN JOU EIE LYF”
Sean van Noordwyk verwerf sy Graad in Drama aan die Universiteit van Stellenbosch in 2015. Sean het gespesialiseer in toneelspel en regie onder leiding van Antoinette Kellermann, Marthinus Basson, Nicole Holm, Stian Bam ens. In sy finale jaar ontvang hy cum laude vir sy finale toneelspel-, regie-eksamen asook sy navorsing wat fokus op Christiaan Olwagen, sy regie, asook die teatergeselskap naamlik Polony se produksies.
Gedurende sy studies tree hy in verskeie produksies op en word in sy finale jaar benoem vir die Fleur du Cap Teatertoekenning as Mees Belowende Student. Oor die jare was hy betrokke by verskeie produksies gedurende feeste. Hier was hy opgelei deur kunstenaars soos: Vicky Davis; Shirley Ellis; Jerry Mofokeng; Saartjie Botha; Francois Bloemhof; Johan van Lill; Kobus Burger. Sy hoof mentor en raadgewer, Herman van der Westhuizen, was vir jare die hoof en sameroeper van die Fiësta-paneel. Hierdie paneel besoek jaarliks elke fees en beoordeel die toneel.
Sean is gedurig steeds in die teater en ondersteun hedendaagse produksies, tans net as ‘n betrokke gehoor lid. Aangesien hy die rol van Reitz Bekker in sepie Getroud met Rugby vertolk, het sy skedule hom nog nie toegelaat om sy professionele teater debuut te maak nie. Hier word hy opgelei deur kunstenaars soos, Deon Opperman, Hannes Muller, Bromley Cawood, Marisa Drummond, Luhann Jansen, David Clatworthy ens.
Hoe om werklik lief te word vir jouself.
Vind jou stem.
Aanvaar jouself.
Groei daagliks.
Nadia Beukes is 'n TV-aanbieder, aktrise, sangeres en stemkunstenaar met 'n honneursgraad in Bemarkingskommunikasie. Haar pad in die vermaaklikheidsbedryf het begin met haar deelname aan die duet-sang realiteitskompitisie: Zing! op kykNET in 2003, waarna sy vir ongeveer drie jaar deel was van die acapella groep Cutt Glas. Sy het ook later as deel van die groepe NX, The Dahlings en Die Dinamiese Dames opgetree as sangeres. Nadia het ook al verskeie rolle vertolk op die verhoog, TV en silwerdoek en het selfs al haar lyf radio-omroeper gehou as mede-aanbieder van die Groot-Ontbyt vir Groot FM en kykNET. ‘n Hoogtepunt in haar loopbaan tot dusver was om die anker-aanbieder van Boer Soek 'n Vrou seisoen 7 en 8, op kykNET te wees. Ander TV aanbiedingswerk sluit in: Tuine&Tossels, Eko-net, kykNET kontinuïteit, Mnet se Magic 2 the Max en Klipwerf Kuiers asook Landbouweekliks op Via, tesame met talle ander korporatiewe produksies. Verder is sy te sien in aanlyn reekse soos FliekChick in samewerking met Sarie.com en 123Parent in samewerking met Living and Loving Magazine. Nadia het ook al verskeie rolle vertolk in Musiekteater produksies waar sy haar sang, dans en toneelspel passies uitleef, soos in: Rocky Horror, Agent Snoet, Ons vir Jou, Ester, Houtkruis, verskeie pantomiemes en Miss Rock, met hoofrolle in Dirty Dancing, Tree Aan en Liefling, om maar net 'n paar te noem. Film krediete sluit in: Born to Win, Pretville, Die spook van Uniondale, Vat ’n Kans asook Mooirivier. Verder het Nadia ook al heelwat rolle op TV vertolk onder andere, Esme in Hartland, Ingrid in Sterlopers, Brenda P in 7de Laan, Nerina Franks in Binneland en maak in 2020 haar verskyning op Rhythm City. Sy was tot 2018 te sien in haar rol as die Sportsielkundige Iva Muller in die Getroud met Rugby sepie op kykNET nadat sy in twee van die Getroud Met Rugby drama-reekse ook te sien was. Sy het van haar stories gedeel in haar eerste boek: Paaie van Hoop wat sy saam met mede skrywer Jana van der Merwe geskryf het en in 2018 tot 2019 toer Nadia saam met die welbekende Willem Botha waar sy haar stories deel in motiveringspraatjies en Willem die gaste vermaak met sy musiek. Nadia en Willem was ook as duetpaar te sien by die Afri-duetfees in 2020. Nadia doen graag stemwerk en haar stem kan gereeld op verskeie radio en tv advertensies gehoor word asook op verskeie ander projekte en produksies. As seremonie meester was Nadia al betrokke by Huisgenoot Skouspel, die jaarlikse Pendoring toekennings, Sarie Voorblaggesig se finaal, Nampo, en verskeie ander geleenthede. Die voorbladnooi was verder al te sien op die voorblaaie van, onder andere, Rooi Rose, Sarie, Huisgenoot, Vrouekeur, Lig, Leef en Finesse. Sy is getroud met sakeman David de Villiers en Ma van hulle pragtige twee seuntjies Davey en Joshua. Nadia beskou dit as 'n vooreg om, met God se genade haar drome te mag uitleef en hoop dat sy daardeur ook ander sal inspireer om voluit te leef, groot te droom en ook hulle drome ’n realiteit te maak.
Nadia Beukes is a TV-presenter, actress, singer and voice-over artist with an honours degree in Marketing Communications. Her journey in the entertainment industry started as a contestant in the duet-singing reality show Zing! aired on kykNET in 2003, after which, for about three years, she was part of the acapella group Cutt Glas. Over the years she has also been a member of groups like NX, The Dahlings and The Dinamiese Dames where she performed as a vocalist. Nadia has portrayed many roles on stage, TV and the big screen and even had the opportunity to co-host Die Groot Ontbyt, while working as a radio presenter for GrootFM and kykNET. A definite highlight in her career up to now has been her work as anchor presenter for Boer Soek ’n Vrou, a popular reality show aired on kykNET. Other TV-presenting credits include: Tuine&Tossels, Eko-net, kykNET continuity presenting, Magic 2 the Max on Mnet and Klipwerf Kuiers as well as Landbouweekliks on Via, along with various other corporate productions. Furthermore she can be seen in online series such as FliekChick in proud association with Sarie.com and 123Parent in proud association with Living and Loving Magazine. Nadia has also portrayed various roles in Musical Theatre productions, thereby combining her passions for acting singing and dancing. Some of these credits include: Rocky Horror, Agent Snoet, Ons vir Jou, Ester, Houtkruis, various phantomimes and Miss Rock with lead roles in Dirty Dancing, Tree Aan and Liefling, to name but a few. Film credits include: Born to Win, Pretville, Die spook van Uniondale, Vat ’n Kans and also Mooirivier. Nadia’s TV credits include: Esme in Hartland, Ingrid in Sterlopers, Brenda P in 7de Laan, Nerina Franks in Binneland and an appearance on Rhythm City is 2020. Up untill 2018 Nadia was seen in her role as the sport phycologist Iva Muller in the Getroud met Rugby soapie on kykNET after previously portraying the same role in two seasons of the Getroud Met Rugby drama series also aired on kykNET. As an author, Nadia had the opportunity to work with Jana van der Merwe in co-writing her first book called Paaie van Hoop in which Nadia shares her memoirs and other inspirational life-lessons. In 2018-2019 Nadia toured with the well-known artist Willem Botha where she did motivational talks inspired by her book and Willem entertained guests with his singing talents. Nadia and Willem later joined forces again in and performed as a singing duo in the Afri-duetfees in 2020. Nadia is very fond of Voice-over work and her voice can be heared on a variety of tv and radio advertisements as well as many corporate and other voice-over projects. As master of ceremonies Nadia was involved in productions and events such as Huisgenoot Skouspel, the annual Pendoring awards, Sarie Voorblaggesig final and Nampo, to list but a few highlights. This covergirl has also graced the covers of magazines like,Rooi Rose, Sarie, Huisgenoot, Vrouekeur, Lig, Leef en Finesse and others. She is married to businessman David de Villiers and the proud mother of two beautiful sons Davey and Joshua. Nadia deems it an honour to be able to pursue her passions by Gods grace and hopes that by continuing to follow her dreams and turn them into realities, she inspires others to do the same.
Former International Netball Player, TV Presenter, Business Woman, Motivational Speaker, Philanthropist, MC, World Traveler, Sports Coach and all round fun-loving human being.
Vrou-wees,
Sport (netbal)
Christelike motivering.
Werk ook gewoonlik met sport spanne / span dinamika / span bou
Nie in pas by die norm nie (Die feit dat sy so lank is)
Melinda het nou ook ‘n splinter nuwe reeks op VIA TV met die naam #WieIsJouPoppie
Model, Author, Speaker and Entrepreneur. Miss South Africa 2011 and placed 6th at Miss Universe.
A woman with drive, determination and an undeniable sense of compassion who lives up to her own personal mantra, Live to inspire, inspire to Live! Melinda Bam is Miss South Africa 2012, Business Woman & Entrepreneur, Director of Womentality Empowered, Motivational Speaker, TV Personality & Presenter. Born in Pretoria, Bam was crowned Miss South Africa 2012 after which she embarked on her reign and mission to reinvent the role of Miss South Africa, and forge a career far beyond her titile.
Vrouwees is ‘n Vroufees / I AM -What defines you?
Confidence in being truly YOU / My Trials, My greatest Teachers
The perception around beauty / Making health a habit
Rise of the millennials
“Die KRAPPIES & KREFIES” dogtertjie met die unieke kinderstem tot en met een van SA se TOP Vroulike Kunstenaars!
SKILDERY- "Elke vrou is die skilder van haar eie prentjie, haar lewens skildery."
Reandie Grey
Actress, wife, mother and absolutele lifeaholic.
Passionate about healthy living and looking after yourself as a woman, and your family.
The hunger for constant growth and development inspires most of her decision making.
She has portrayed the role of Esti Fouché on 7de Laan for the past 3 years. Currently will see her on the new Mnet telenovelle, Legacy, as Elizabeth Price.
Je-ani Swiegelaar is in Namibit gebore en het groot geword in Pretoria. Sy't in 2004 gematrikuleer en voltooi toe haar graad in drama by Die Universiteit van Pretoria. In 2012, maak sy haar TV-debuut op die gewilde kykNet-reeks, Getroud Met Rugby. Kort daama is sy to sien in nog 'n gewilde kykNet-sepie, Villa Rosa. Haar teater-produksies sluit in Sak en Pak, Balle In Die Lug (Aardklop) en sy het onlangs haar eenvrou-vertoning, Se My Naam Soos 'n Starbucks Knaap gedebuteer by Aardklop asook verskeie enkel-optredes Iandswyd. Haar ander teaterverskynings sluit in die lokettreffer keelVOL (saam met Germandt Geldenhuys) en Lykskou (saam met Bouwer Bosch). Laasgenoemde het verlede jaar by Aardklop gedebuteer.
Knaap gedebuteer by Aardklop asook verskeie enkel-optredes landswyd. Haar ander teaterverskynings sluit in die lokettreffer keelVOL (saam met Germandt Geldenhuys) en Lykskou (sawn met Bouwer Bosch). Laasgenoemde het verlede jaar by Aardklop gedebuteer. Kykers sal haar dalk ook herken as die bitsige speurder in die komiese Vuil IVasgoed wat landswyd to sien was op die grootskerm. In 2017, word Je-ani vereer met die Huisgenoot Tempo-toekenning vir Sepie-Aktrise Van Die Jaar. Je-ani kuier elke aand in duisende mense se sitkamers as die nimlike Suster Naomi Ferreira, in kykNet se immergewilde sepie BINNELANDERS.
Cindy Swanepoel het haar Bdram honneursgraad voltooi in 2003 by die Universiteit van Stellenbosch.
Cindy het in 2018 die Silwerskermfees toekenning ontvang vir beste aktrise vir haar rol in die kortfilm Fluit Fluit. Sy het ook weggeloop met twee Huisgenoot Tempo toekennings vir beste sepie aktrise en beste vermaak ster 2018.
Sy het al in meer as 20 kinder- en opvoedkundige produksies gespeel, sy spesialiseer ook in poppe- en skadu teater.
Cindy het in vele teaterproduksies te siene opgetree, Kringe in 'n bos, the Crucible, Drif, Curl up and Dye, Houtkruis die musiekblyspel, My vrou se man se vrou, My boetie se boetie se boetie se baba (genomineer beste aktrise vir SAT Mag 2018) en Balle in die lug.
Cindy het die rol van Mysi Moolman vertolk in die bekende film, Ballade vir 'n enkeling. Kortfilms sluit in, Spiertier en Die staat se bul (as deel van Ons Stories.) Sy is in 2015 genomineer as beste aktrise vir die kortfilm Eenrigting (Silwerskermfees.)
Drama reekse en sepies waarin Cindy as byspeler verskyn het, Egoli, Villa Rosa, Generations, The Mating Game, 90 Plein street, Laugh out Loud, Getroud met rugby (seisoen 4), Proesstraat. Cindy is deesdae elke aand in te siene Binnelanders as Dr. Annelize Roux vir die afgelope 3 jaar.
Cindy geniet mc werk, asook om motiverings/inspirerende praatjies te doen. Sy het 'n groot passie om mense se lewens te help verryk. Sy glo dat harde werk, passie en deursettings vermoee 'n baie belangrike aspek is van sukses, asook hoe jy joe denkwyse moet verander om 'n beter en betekenisvolle lewe te kan lei. Dit begin als by jouself!! Sy deel graag haar eie ondervinding van mislukkings/foute wat sy gemaak het en “harde klippe wat sy moes kou”, wat sy alles daaruit geleer het en hoe sy dit gebruik het om in haar guns te tel. Sy praat ook graag oor dankbaarheid en hoe dit haar gehelp het en haar lewe ten volle verander het.
Sy het ook 'n groot liefde om saam met kinders te werk, sy het haar eie skadu teater maatskappy, cindy het vir jare alle ouderdomme “entertain”...”Ek het baie tyd vir kinders en deel, gesels graag met hulle”.
DANKBAARHEID
Janina started her career in radio back in 2006, at the campus radio station Tuks FM, while she was still studying Drama at the University of Pretoria. She joined Jacaranda FM in 2008 as a traffic compiler for the Just Plain Breakfast. In the same year she joined the on air team as a late night DJ on Saturday and Sunday mornings. She got her big break when she got asked to join the Martin Bester Drive team in 2010, where she flourished as the Sports presenter for 8 years.
Janina entered Supersport's Lady Rugga competition in May 2011, where she showed her sporty side. She was the runner-up in the competition. She must have made a good impression, and the producers took note as she hosted a very successful show during the 2011 Rugby World Cup with rugby heavyweights Toks van Der Linde and Breyton Paulse. The show "Toks 'n Tjops" is currently in its 10th season, and airs live on a Friday night at 8pm on Kyknet (144 on DSTV) In 2016 Janina has also joined the Super Rugby team alongside Kobus Wiese, Naas Botha and Ashwin Willemse on Supersport. In 2018 she joined kykNET’s Breakfast show “Die Groot Ontbyt” as their sales presenter.
She has been an MC for many years and has MC’d for artists such as Prime Circle, Elvis Blue, Karlien van Jaarsveld, Bok van Blerk, Dozi, international star Katherine Jenkins, Roxette and many more. Her voice can also be heard on various radio advertisements all over the country. She is currently the Production Manager for various TV shows including Toks ‘n Tjops, Virseker Beker and Die van Coke Show, and produced a very successful show during the Rugby World Cup in 2019 for kykNET, In Japan Ja!
Passie. Vind jou passie en leef dit
Klop aan die deur
Quinne Brown is an actress and a birth worker who is passionate about stories and the value of an individual’s beginning and path. She is a mother of two girls and actively supports the recognition of women and the feminine. Among her favorite speaker topics are: “How we makechoices “; “Recognising our priorities”, and “How parenthood reflects most of life”. Quinne shares her own story filled with adventure, challenge and the hilarious. Her ease of sharing relates to any crowd.
During the five years as a soap actress, Quinne became involved in South Africa’s transformation process through her charity work and public appearances. These included promotional appearances for 7deLaan, facilitating shows, and working both as an MC and as a public speaker at various charity fundraisers and shows throughout South Africa. At the end of 2006, Quinne settled in San Francisco for 5 years, where she pursued her acting career. Performing on stage, working as a voice-over artist and starring in many short and independent films. Working with and studying at The Shari Carlson Studio and the Digital School of Filmmaking, she explored many genres and characters on stage and in film. While teaching at a drama school she also shared her experience and love for her craft with kids using it as the healing and inspiring art.
Here is some of her current projects: Actress (films and television),Public speaker ,Ambassador for Special Olympics ,Ambassador for the anti-bullying, Brave Heart Initiative ,Blogger and speaker for Mammas24/7 ,Brand ambassador for Bloomlifestyle za ,Birth coach for young parents ,Drama coach for kids, ages 9-12. A safe space to practice and find their creative voice ,Workshop facilitator for teenage-girls, to inspire a loving awareness of each other. ,A weekly podcast “Beer&Babes” with her husband Ryan Huffman and Personal blog www.doulaquinne.com. Her public profile can be seen on Facebook, Instagram and twitter under the @quinnebrown handle.
Keuses en hoe dit ons daaglikse lewe beinvloed en dus dan ook ons groot lewensveranderinge. Die vraag, 'hoekom ek gekies het om terug te kom Suid Afrika toe van Amerika af', word beantwoord. Dis 'n gesprek vol hoop en vooruitsig vir Suid Afrikaners.
Met mammas : oor die vroee oomblikke en lewens verandering wat ons ondergaan wanneer ons ouers word. Hier is daar 'n verskeidenheid van temas in verband met bv; geboorte, moederskap en ouerskap. Sy is opgelei en het vir 3 jaar as doula gepraktiseer in Amerika. Sy bied ook voorgeboorte afrigting aan vir nuwe ouers.
Die waarde van reis en hoe om perspektief te behou wat 'n mens positief en gelukkig kan hou. "Following ones joy...."
Skole praat sy graag met die kinders oor die ander kant van die storie en integriteit...anti-bullying, leef met liefde en "always be kind" soort gesprekke.
Jong meisies : praat ons oor liggaams-bewustheid en hoe om mekaar te ondersteun en te verstaan...dis gewoonlik 'n paar ure se workshop.
Marijke van der Westhuizen is gebore in Bethlehem. Na skool studeer syvby Tukkies vir n B-prom ED graad. Sy was 'n danser vir 30 jaar, en het Ballet en Moderne danse as opleiding gehad. Sy was deel van die oorspronklike Bulls babes en het 'n internasionale danskontrak in Taiwan gedoen. Sy het ook vir sangers gedans soos Steve Hofmeyr, Kurt Darren, Nadine, en nog vele meer. Marijke het die laaste Super Skouspel by die FNB stadion gechoreografeer en self ook in die vertoning gedans. Sy is nou voltyds 'n akteur in die Kyknet sepie Getroud Met Rugby en was deel van die reeks Getroud met Rugby seisoen 1,2,3,4 en 5 voor dit n sepie geword het. Marijke van Der Westhuizen geniet dit om MC asook sprekers werk te doen en mense te ontmoet men te inspireer waar ook al. Sy kan tema's aanpas nagelang die behoefte.
Pascal Pienaar is ‘n Suid Afrikaanse aktrise en televisie persoonlikheid. Beste bekend as haar rol van Kari du Preez in Binnelanders, Pascal is ook besig met filantropiese werk en het al meer as 2000 inheemse bome geplant by skole, universiteite tussen die jeug. Sy’s n besigheids einenaar en ewige reisiger. Pascal het al 42 lande besoek en beplan om na Covid mense op haar gunsteling staproetes te vat. Pascal glo in jou eie vryheid skep en haar passie is om vrouens onafhanklik te maak. Pascal het n honeurs graad in kabaret aan die universiteit van stellebosch en n diploma in rolprent draaiboek skryf aan die New york film academy. Pascal woon huidiglik in die swatland waar sy leer om haar eie wyne te maak. Dit word November 2020 vrygestel. So maak seker julle kyk uit vir haar rosé, wit en rooi wyn.
Hoe om die lewe te leef wat jou nog altyd wou he
Hoe om liefde te attract
Hoe om te travel na Corona
Depressie en Nutrients, Hoe jy jouself kan reg dokter met kos met die regte suplimente.
Solomon Cupido het geweet sy roeping le in die vermaaklikheidsbedryf die dag hy vir die eerste keer mense laat lag. Hy het as kind die rol van Josef in die Kersspel vertolk, maar sy woorde vergeet en die mense laat skater. In 2007 het hy sy Nasionale diploma gekry by die Tswane Universiteit van tegnologie. In hierdie selfde jaar maak hy sy verskyning in die ikoniese sepie Egoli. In 2008 maak hy sy eerste verskyning op die silverdoek as ‘Errol’ in die movie ‘Karate Kallie’
Daarna het baie kinderteaterproduksies en agter-die-skerms werk by bekende flieks soos ‘Hoofmeisie’ en ‘Agent 2000’ Hy het ook rolle vertolk in minstens 20 Afrikaanse flieks, waaronder ‘Bakgat 2 en 3’ ‘Pad na jou hart’ “Ballade vir ‘n Enkeling’ en ‘As jy sing’
Solomon was ook te sien op die kassie, in n paar bekende sitcoms op Kyk-net soos ‘Die Kasteel’ en ‘Mense Mense’ Hy het ook sy verskyning gemaak in twee seisoene van “Jou Show” met Emo Adams. Wanneer Solomon nie besig is met tv of film werk nie, doen hy iets wat baie na aan sy hart is. Solomon het n groot liefde vir wat hy doen en glo dat hy kan dinge ligter maak deur mense te laat lag. Hy praat gereeld met mense baie verskillende geleenthede waar hy stories vertel uit sy verlede, en so lag almal en terselfde tyd leer almal uit sy foute, hy glo dat n slim mens leer uit sy eie foute, en wyse mense leer uit ander mense se foute.
The mind is the battlefield
Laughter is medicine
Wie is ek
Adam en Eva (Vir paartjies)
Hart van n Vader